Afrika – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com Keep your feet on the ground and reach for the stars Wed, 15 Dec 2021 04:28:54 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.6.2 https://barefootstiletto.com/wp-content/uploads/2021/11/cropped-421564_120855864709743_171152364_n-32x32.jpg Afrika – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com 32 32 Afrika Koekstruif https://barefootstiletto.com/2021/12/14/afrika-koekstruif/ Wed, 15 Dec 2021 04:28:54 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=937 Jy het nodig (vir 4-6 porsies) 1 x gekoopte rolkoek, verkieslik met aarbeikonfyt ½ koppie […]

]]>

Jy het nodig (vir 4-6 porsies)
1 x gekoopte rolkoek, verkieslik met aarbeikonfyt
½ koppie Amarula-likeur
1 x 80 g-pakkie rooi jellie, aangemaak volgens die aanwysings op die pakkie en gestol in die yskas
2 koppies pekanneute, in groterige stukke gekap
250 g mascarponekaas
1 koppie ingelegde perskeskywe
1 x 500 ml langlewevla (uLTRAMEL)
½ koppie versuikerde kersies, in kwarte gesny

METODE
Sny die rolkoek in skywe en pak dit onder in die bak.
Sprinkel die Amarula-likeur oor en laat staan vir vyf minute sodat dit intrek.
Gooi die helfte van die neute oor die koek en versprei dit eweredig.
Smeer die mascarponekaas in ’n dik laag oor die koek.
Krap intussen die jellie met ’n vurk sodat dit losserige stukke is en skep dit oor die roomkaas.
Rangskik die perskeskywe bo-op die jellie en gooi die vla oor.
Strooi die kersies en die res van die pekanneute oor die koekstruif en sit dit in die yskas sodat jy dit lekker koud kan voorsit.

]]>