Appelkoospoeding – Barefoot Stiletto
https://barefootstiletto.com
Keep your feet on the ground and reach for the starsThu, 12 Jan 2023 20:31:04 +0000en-US
hourly
1 https://wordpress.org/?v=6.7.2https://barefootstiletto.com/wp-content/uploads/2021/11/cropped-421564_120855864709743_171152364_n-32x32.jpgAppelkoospoeding – Barefoot Stiletto
https://barefootstiletto.com
3232Gebakte Appelkoospoeding
https://barefootstiletto.com/2023/01/12/gebakte-appelkoospoeding/
Thu, 12 Jan 2023 20:31:04 +0000https://barefootstiletto.com/?p=1849Gebakte Appelkoospoeding 1 Groot blik appelkooshalwes 400 g suiker 120 g margarien of botter 4 […]
]]>Gebakte Appelkoospoeding
1 Groot blik appelkooshalwes
400 g suiker
120 g margarien of botter
4 eiers
140 g koekmeel
10 ml vanieljegeursel
15 ml bakpoeier
Knippie sout
250 ml melk
Gebruik nr 3 platboompot.
Dreineer die vrugte, voeg water by die stroop om 750 ml te maak.
Meet die helfte van die suiker af en voeg by die stroop en verhit.
Room botter met die oorblywende suiker.
Voeg eiers en vanielje by.
Meng goed deur.
Sif die droë bestanddele by en roer om die beurt met die melk in die eiermengsel.
Smeer die pot en giet die deegmengsel daarin.
Rangskik die appelkooshalwes op die deegmengsel.
Giet die warm stroop oor, bedek en kook vir 30 – 40 minute of tot dit gaar is.