1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngedruk en gemeng met 100gr gesmelte botter
Druk vas in tertbak en sit in die yskas vir so 20 min
Dreineer solank 1 blikkie “crushed pynappel” Druk die sap goed uit
1/2 of hele pak marshmallows gesnipper (of koop die mini marshmallows)
Meng:
2 koppies cremora met 1/4 kop warm water en klits tot glad
Meng in 1 blikkie kondensmelk
Voeg 1/2 na 3/4 kop suurlemoensap by en meng tot dik
Meng nou die pynappel en gesnipperde / klein marshmallows by
Gooi oor koekiekors
Sit in die yskas vir tenminste 2 ure voor opdiening
Bewaar in die yskas.
Voortrekker Resepte en Boere Rate
]]>Dis 500g creamora poeier
2 blikke kondens melk
100ml suurlemoen sap
2 pakke tennis beskuit
250ml warm water
Gooi die poeier in ‘n meng bak.
Gooi die warm water in.
Wag tot koud.
Gooi dan blikke kondens melk in en klits goed.
Gooi dan suurlemoen sap in en meng weer goed.
Pak bak met tennis beskuit gooi ‘n laag van die mengsel en pak weer beskuit gooi dan weer laag mengsel en verkrummel die res van beskuit bo op.
Bron: Die Poeding Klub.
]]>SOOg Cremora melkpoeier
250ml kookwater
2x397g kondensmelk (verkoel)
250ml suurlemoensap
12 Tennisbeskuitjies
410g fyngemaakte pynappels
Los die melkpoeier in die kookwater op en verkoel vir 1 uur in die yskas.
Roer die kondensmelk by en klits tot styf. Kl its die suurlemoensap geleidelik by en roer die fyn pynappel deur.
Pak beskuitjies in ‘n plat reghoekige tertbord en giet die mengsel bo-oor.
Plaas in die yskas tot stewig en versier met room indien verkies.
Lewer 1 groot tert.
lekker resepte vir die jongergeslag
2 koppie Cremorapoeier
1 blik kondensmelk
1 koppie suurlemoensap
Of na smaak … ek verkies horn aan die suur kant
1,5 teelepel koffie (ek Nescafe gebruik)
Tennisbeskuitjies
sjokolade
Los koffiepoeier op in klein bietjie kookwater.
Meng die Cremora kondensmelk suurlemoensap en koffiemengsel in ‘n bak.
Skep die mengels oor die beskuitjies wat jy uitgepak het in ‘n bak om die kors te vorm.
(ek doop myne gewoonlik in warm water voor ek pak)
Rasper sjokolade oor.
Ek het koekies oor gekrummel.
Laat staan in jou yskas tot goed gestol.