Hoenderpastei – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com Keep your feet on the ground and reach for the stars Tue, 19 Dec 2023 09:08:28 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.7.1 https://barefootstiletto.com/wp-content/uploads/2021/11/cropped-421564_120855864709743_171152364_n-32x32.jpg Hoenderpastei – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com 32 32 Hoender en Mushroom Pastei https://barefootstiletto.com/2023/12/19/hoender-en-mushroom-pastei/ Tue, 19 Dec 2023 09:08:28 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=2447 Hoender en Mushroom Pastei 2 rolle puff pastry 16 stukkies hoender (dytjies en/of boudjies) Hoender […]

]]>
Hoender en Mushroom Pastei

  • 2 rolle puff pastry
  • 16 stukkies hoender (dytjies en/of boudjies)
  • Hoender speserye na smaak
  • 1 pak mushrooms
  • 1 pakkie cream of mushroom sop
  • 500ml melk
  • sout en peper na smaak

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180grade.
  2. Vat die een rol puff pastry en druk onder aan die pyrex bak vas.
  3. Druk die kante ook vas en maak seker die deeg is egalig in die bak sodat daar nie sekere gedeeltes te dik of te dun is nie want te dik gaan die deeg nie mooi gaar word nie en te dun gaan die vulsel uitloop.
  4. Druk gaatjies in die deeg met ‘n vurk.
  5. In ‘n pot gooi die hoender stukke en braai met die speserye.
  6. Gooi bietjie bietjie water by maar nie te veel nie.
  7. Potbraai die vleis tot mooi bruin.
  8. Haal die hoender uit en pluis die vleis.
  9. Maak seker daar is nie bene nie en sny die vleis in blokkies.
  10. Sny die mushrooms in skyfies en braai in dieselfde pot waarin die hoender gekook was.
  11. Sodra die mushrooms mooi gebraai is, gooi die hoendervleis terug in die pot en braai saam met die mushrooms.
  12. Maak vulsel moenie loperig wees nie.
  13. Skep die vulsel in ‘n ander bak en laat afkoel.
  14. Sodra vulsel afgekoel is, gooi in die pyrex bak met die puff pastry. Vat die tweede roll puff pastry en sit bo-op die vulsel en druk mooi vas.
  15. Maak gaatjies in die deeg en bak in die oond tot mooi goudbruin en gaar.
  16. So 45 min tot ‘n uur..
  17. Jy kan die pastei voorsit met gemengde groente net gekook met Tannie Ina se groente speserye, gebakte aartappels en geroomde spinasie.
]]>
Hoenderpastei met Slap Deeg https://barefootstiletto.com/2020/11/05/hoenderpastei-met-slap-deeg/ Thu, 05 Nov 2020 08:13:27 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=332 Gevlokte hoender (dit was so om en by 5 dye) 1 groot ui gekap 1 […]

]]>

Gevlokte hoender (dit was so om en by 5 dye)
1 groot ui gekap
1 kop veggie mix
1 pakkie chicken a la king (of 1 pakkie sampioensop of room hoendersop)
1 na 1 en halwe kop melk
Knoffel vlokkies, sout en peper na smaak

Braai uie en voeg gevlokte hoender by
Gooi in die veggie mix, speserye en die chicken a la king of soppoeier aangemaak met melk
Prut tot dik en groente sag is. Indien te dik voeg nog melk by.
Gooi in gesmeerde bak.
Maak die slap degie aan en gooi bo-oor hoendermengsel
125 ml olie
125ml melk
190 ml bruismeel (of 190ml meel met 5 ml bakpoeier)
1 eier
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 20/25/30 min tot gaar en goudbruin
Ek het dit bedien saam met kapokaartappels, sout boontjies en groen slaai of slaai van jou keuse

]]>
Maklike Hoenderpastei https://barefootstiletto.com/2020/10/02/maklike-hoenderpastei/ Fri, 02 Oct 2020 20:04:17 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=496 Lewer 6 porsies Bestanddele: 15ml oly folie 8 hoenderporsies of 1 heel hoender 250ml hoenderaftreksel […]

]]>

Lewer 6 porsies

Bestanddele:
15ml oly
folie
8 hoenderporsies of 1 heel hoender
250ml hoenderaftreksel
1 lourierblaar
3 elke heel kruienaeltjies en wonderpeperkorrels
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
250g sampioene, in skyfies gesny
15ml droe gemengde kruiel
25ml kookvloeistof van hoender

Kors
125ml melk
1 eier
125ml olie
250 ml koekmeel
‘n knippie sout
10ml bakpoeier

Metode:
Verhit ‘n bietjie van die olie in ‘n groot kastrol en verbruin die porsies of heel hoender.
Verlaag die hitte en voeg die aftreksel, lourierblaar, speserye en soute en peper na smaak by.
Prut die hoender vir 45 tot 60 minute of tot gaar.
Skep die hoender uit en behou die vloeistof waarin die hoender gekook het.
Verwyder enige vel en bene en sny die vleis in stukkies.
Soteer die uie in die orige olie in dieselfde kastrol.
Roer die knoffel, sampioene en kruie by en soteer dit ‘n paar minute.
Roer die hoender en genoeg van die behoue vloeistof by die groentemengsel om ‘n redelike klam mengsel te kry.
Geur na smaak en skep dit in ‘n oondbak.Voorverhit die oond tot 180 °C.

Kors:
Klits die melk, eier en olie saam.
Sif die droe bestanddele saam en voeg dit by die melkmengsel om ‘n slap beslag te vorm.
Voeg nog melk by indien nodig.
Giet die beslag oor die vleis en bak dit ongeveer 30 tot 40 minute of tot goudbruin en gaar.

]]>