Karamel – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com Keep your feet on the ground and reach for the stars Thu, 11 Apr 2024 21:24:25 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.7.1 https://barefootstiletto.com/wp-content/uploads/2021/11/cropped-421564_120855864709743_171152364_n-32x32.jpg Karamel – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com 32 32 Karamel-Melktert https://barefootstiletto.com/2024/04/11/karamel-melktert-2/ Thu, 11 Apr 2024 21:24:25 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=4469 Karamel-Melktert Genoeg vir: 10-12 mense Bereidingstyd: 20 minute Gaarmaaktyd: 15 minute Afkoeltyd: oornag 250 g […]

]]>
Karamel-Melktert

Genoeg vir: 10-12 mense
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
Afkoeltyd: oornag

  • 250 g Tennis-koekies, fyn gedruk
  • 200 g botter, gesmelt
  • 1,5 L (6 k) melk
  • 200 g suiker
  • 3 eiers
  • 100 g meel
  • 100 g mieliemeelblom
  • 10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
  • 50 g botter
  • ekstra 250 ml (1 k) melk
  • 1 boksie (90 g) karamel-kitspoeding
  • 250 ml (1 k) room
  • 1 blik (360 g) karamelkondensmelk
  • 1 blok (90 g) melksjokolade
  1. Meng die koekies met die gesmelte botter en druk dit in die bodem van ’n diep, vierkantige 30 cm-bak vas.
  2. Laat koel af tot benodig.
  3. Verhit 1 L (4 k) van die melk met die suiker 10 minute in ’n groot mikrogolfbestande bak.
  4. Klits die eiers, oorblywende 500 ml (2 k) melk, meel, mieliemeelblom en vanielje-ekstrak in ’n ander bak tot glad.
  5. Meng die meelmengsel met die warm melk en mikrogolf 12 minute terwyl jy elke 2 minute roer tot die mengsel dik is.
  6. Klits die botter in en laat afkoel.
  7. Klits die ekstra melk en kitspoeding saam.
  8. Klits die room in ’n ander bak tot sagte pieke vorm en vou dit by die kitspoeding in.
  9. Wanneer die vla afgekoel het, begin met die lae.
  10. Giet die vla oor die afgekoelde koekielaag, maak die karamelkondensmelk oor die vla glad en voeg dan die kitspoedingmengsel by.
  11. Rasper die sjokolade oor en verkoel oornag.

Translation

Caramel Milk Tart

Enough for: 10-12 people
Preparation time: 20 minutes
Cooking time: 15 minutes
Cooling time: overnight

  • 250 g Tennis biscuits, crushed
  • 200 g butter, melted
  • 1.5 L (6 k) of milk
  • 200 g of sugar
  • 3 eggs
  • 100 g of flour
  • 100 g cornflour
  • 10 ml (2 t) vanilla extract
  • 50 g of butter
  • extra 250 ml (1 k) milk
  • 1 box (90 g) instant caramel pudding
  • 250 ml (1 k) cream
  • 1 can (360 g) caramel condensed milk
  • 1 block (90 g) of milk chocolate
  1. Mix the cookies with the melted butter and press them into the bottom of a deep, square 30 cm dish.
  2. Allow to cool until needed.
  3. Heat 1 L (4 k) of the milk with the sugar for 10 minutes in a large microwave-proof bowl.
  4. Whisk the eggs, remaining 500 ml (2 k) milk, flour, cornflour and vanilla extract in another bowl until smooth.
  5. Mix the flour mixture with the warm milk and microwave for 12 minutes while stirring every 2 minutes until the mixture is thick.
  6. Whisk in the butter and let cool.
  7. Whisk together the extra milk and instant pudding.
  8. Whip the cream in another bowl until soft peaks form and fold it into the instant pudding.
  9. When the custard has cooled, start with the layers.
  10. Pour the custard over the cooled cookie layer, smooth the caramel condensed milk over the custard and then add the instant pudding mix.
  11. Grate over the chocolate and refrigerate overnight.
]]>
Karamel Poeding https://barefootstiletto.com/2024/03/12/karamel-poeding/ Tue, 12 Mar 2024 15:31:21 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=3833 Karamel Poeding Bestanddele: 250 ml koekmeel 125 ml suiker 60 ml botter 150 ml appelkooskonfyt […]

]]>
Karamel Poeding

Bestanddele:

  • 250 ml koekmeel
  • 125 ml suiker
  • 60 ml botter
  • 150 ml appelkooskonfyt
  • 4 eiers
  • 10 ml koeksoda, gemeng met bietjie melk

Metode:

  1. Verroom botter en suiker.
  2. Voeg eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging.
  3. Voeg res van die bestanddele, behalwe die koeksoda, by en meng goed.
  4. Voeg laastens die koeksoda by.
  5. Gooi mengsel in kokende stroop. Bak ± 1 uur teen 180ºC.

Stroop:

  • 500 ml suiker
  • 500 ml room
  • 500 ml melk (room en melk kan met idealmelk vervang word).
  1. Karamelliseer suiker tot goed bruin.
  2. Voeg melk en room by en roer oor matige hitte, totdat klonte opgelos is.

Nota:

Om bevrore poeding warm te maak kan dit oor kookwater gestoom word, of in die mikrogolfoond ontdooi en verwarm word.

Translation

Caramel Pudding

Ingredients:

  • 250 ml cake flour
  • 125 ml of sugar
  • 60 ml of butter
  • 150 ml apricot jam
  • 4 eggs
  • 10 ml of baking soda, mixed with a little milk

Method:

  1. Cream butter and sugar.
  2. Add eggs one at a time, beating well after each addition.
  3. Add the rest of the ingredients, except the baking soda, and mix well.
  4. Finally, add the baking soda.
  5. Pour mixture into boiling syrup.
  6. Bake ± 1 hour at 180ºC.

Syrup:

  • 500 ml of sugar
  • 500 ml of cream
  • 500 ml milk (cream and milk can be replaced with ideal milk).
  1. Caramelize sugar until well browned.
  2. Add milk and cream and stir over medium heat, until lumps are dissolved.

Note:

To warm frozen pudding it can be steamed over boiling water, or thawed and heated in the microwave.

]]>
Amarula Sjokolade Karamel Koek https://barefootstiletto.com/2024/02/18/amarula-sjokolade-karamel-koek/ Sun, 18 Feb 2024 06:15:50 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=2974 Amarula Sjokolade Karamel Koek Bestanddele: Koek: 1/3 Koppie Kakao 1/2 Koppie Kookwater 3 Ekstra-groot Eiers […]

]]>
Amarula Sjokolade Karamel Koek

Bestanddele:

Koek:

  • 1/3 Koppie Kakao
  • 1/2 Koppie Kookwater
  • 3 Ekstra-groot Eiers
  • 1 Koppie Suiker
  • 1/4 Koppie Olie
  • 1 1/4 Koppie Meel
  • 2 Teelepels Bakpoeier
  • 1/2 Teelepel Sout

Stroop:

  • 3/4 Koppie Suiker
  • 3/4 Koppie Water
  • 1/4 Koppie Amarula

Bo-Laag:

  • 1 Blikkie Karamel Kondensmelk
  • 2 Koppies Geklitsde Room
  • 1 Flake Sjokolade

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Meng die kakao en kookwater, roer tot kakao opgelos is, laat afkoel.
  3. Klits die eiers, suiker en olie tot dik en romerig, gooi die kakao mengsel by en klits.
  4. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en gooi die eier mengsel saam en klits tot gemeng.
  5. Gooi in ‘n gebotterde pan en bak 20-25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  6. Maak die stroop 5 minute voor die einde van die bak tyd, kook die suiker en water saam vir 4-5 minute, verwyder van hitte en roer amarula in.
  7. Sodra die koek kla gebak is, druk gaatjies in met ‘n vurk, gooi die amarula mengsel bo-oor en laat afkoel.
  8. Verwyder die koek van die pan en sit karamel, geklitsde room en flake bo-oor.

Translation

Amarula Chocolate Caramel Cake

Ingredients:

Cake:

  • 1/3 Cup of Cocoa
  • 1/2 Cup of Boiling Water
  • 3 Extra-large Eggs
  • 1 Cup of Sugar
  • 1/4 Cup Oil
  • 1 1/4 Cup Flour
  • 2 teaspoons baking powder
  • 1/2 Teaspoon Salt

Syrup:

  • 3/4 Cup Sugar
  • 3/4 Cup of Water
  • 1/4 Cup Amarula

Top Layer:

  • 1 Can of Caramel Condensed Milk
  • 2 Cups Whipped Cream
  • 1 Flake Chocolate

Method:

  1. Preheat the oven to 180°C.
  2. Mix the cocoa and boiling water, stir until cocoa is dissolved, let cool.
  3. Beat the eggs, sugar and oil until thick and creamy, add the cocoa mixture and beat.
  4. Sift the flour, baking powder and salt together and pour the egg mixture together and beat until combined.
  5. Pour into a buttered pan and bake for 20-25 minutes or until a skewer comes out clean.
  6. Make the syrup 5 minutes before the end of the baking time, boil the sugar and water together for 4-5 minutes, remove from heat and stir in amarula.
  7. Once the cake is baked, poke holes with a fork, pour the amarula mixture on top and leave to cool.
  8. Remove the cake from the pan and put caramel, whipped cream and flake on top.
]]>
Rolkoek met Karamel Vulsel https://barefootstiletto.com/2023/12/20/rolkoek-met-karamel-vulsel/ Thu, 21 Dec 2023 02:27:37 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=2520 Rolkoek met Karamel Vulsel 125ml koekmeel 1ml sout 3 eiers geskei 125ml strooisuiker 12.5ml suurlemoensap […]

]]>
Rolkoek met Karamel Vulsel

  • 125ml koekmeel
  • 1ml sout
  • 3 eiers geskei
  • 125ml strooisuiker
  • 12.5ml suurlemoensap – vars uitgesruk
  • 5mlvanilla
  • 15ml strooisuiker
  1. Spuit rolkoek pan en voer met bakpapier – spuit weer die bakpapier ook.
  2. Sif die meel en sout saam
  3. Klits eiergeel, suurlemoensap en strooisuiker tot liggeel
  4. Meng meelmengsel en eiermengsel.
  5. Klits eierwitte tot sagtepunt stadium en gooi 15ml strooisuiker by en klits goed.
  6. Vou die eierwitte by die mengsel in
  7. Smeer op bakpapier
  8. Bak vir 10min of tot gaar in oond wat 200 grade celcius is.
  9. Sodra koek gaar is rol op in nat opwasdoek en indien moontlik laat hom hang om mooi rond af te koel
  10. Maak solank die vulsel terwyl die koek afkoel

Karamel vulsel

  • 80g botter
  • 50ml goue stroop
  • 1 blik kondensmelk
  1. Gooi alles in kastrol
  2. Oor medium hitte laat dit stadig kook totdat mengsel verdik
  3. Laat afkoel tot lou en smeer oor rolkoek en rol weer toe
  4. Beste is om die rolkoek te laat afkoel tot karamel heel afgekoel het- in my huis gebeur dit amper nooit- dan is karamel heeltemal geset wanneer jy die rolkoek sny.
]]>
Peperment Karamel Koek https://barefootstiletto.com/2023/12/03/peperment-karamel-koek/ Sun, 03 Dec 2023 23:01:01 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=2186 Peperment Karamel Koek Wanneer peperment crisp tert en vanilla koek trou dan kry jy hierdie… […]

]]>
Peperment Karamel Koek

Wanneer peperment crisp tert en vanilla koek trou dan kry jy hierdie…

  • 2 eiers
  • ¾ k bruin suiker
  • 1 ¼ k olie
  • 30 ml appelasyn
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 1 blikkie Caramel treat
  • 5 ml koeksoda
  • 1 k karringmelk
  • 2 ½ k koekmeel
  • ‘n Knippie sout

Peperment Vulsel:

  • 250 ml room
  • 1 blikkie Caramel treat
  • 80 g pepermentsjokolade, gerasper
  1. Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer twee 22cm ronde koekpanne.
  2. Klits die eiers en bruin suiker saam.
  3. Voeg olie, asyn, vanieljegeursel en caramel by en klits goed.
  4. Meng die koeksoda met die karringmelk en voeg by eiermengsel.
  5. Sif koekmeel en sout saam en meng met eiermengsel.
  6. Verdeel die mengsel in die twee koekpanne.
  7. Bak vir ongeveer 30 minute.
  8. Klits die room styf en klits die kondensmelk by asook die helfde van die sjokolade en verkoel paar uur in yskas tot styf.
  9. Smeer die vulsel tussen die lae en bo-op.
  10. Versier met sjokolade.
  11. Bêre in yskas indien dit baie warm is anders mag die room vulsel dalk suur word.
]]>
Karamel Yskastert https://barefootstiletto.com/2022/01/03/karamel-yskastert/ Tue, 04 Jan 2022 03:50:51 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=1184 1 Blik gekookte kondensmelk 1 Pakkie tennisbeskuitjies 750 ml Melk 75 ml Vlapoeier 3 Piesangs […]

]]>

1 Blik gekookte kondensmelk
1 Pakkie tennisbeskuitjies
750 ml Melk
75 ml Vlapoeier
3 Piesangs
1 Houertjie vars room
3 Teelepels suiker
Neute vir garnering (opsioneel)

Maak vla aan van 750ml melk en 75ml vlapoeier.
Geen suiker nie, anders is dit te soet.
Meng die Karamelkondensmelk en die vla saam.
Breek tennisbeskuitjies in stukkies, maar nie te fyn nie, kan redelik grof wees.
Meng tennisbekuitjies by die vlamengsel.
Skep in ‘n bak en verseël. Laat oornag in yskas.
Sny die piesangs in skywe bo-oor die koue mengsel.
Klits die room en suiker saam tot styf en smeer bo-oor die piesang.
Garneer met neute en plaas terug in die yskas tot benodig.
Bedien net so koud as nagereg of tert.

Bron: Resepte vir Elkeen

]]>
Toffiekakeuramel Likeur https://barefootstiletto.com/2021/12/15/toffiekakeuramel-likeur/ Wed, 15 Dec 2021 05:01:49 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=968 1 x 397 g kondensmelk 1 x 250 ml vars room 250 ml brandewyn 5 […]

]]>

1 x 397 g kondensmelk
1 x 250 ml vars room
250 ml brandewyn
5 ml gliserien
5 ml karamel-geursel
5 ml kitskoffiekorrels, opgelos in bietjie kookwater
5 ml kakao, opgelos in ‘n klein
bietjie kookwater

Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak en klits tot goed gemeng.
Giet uit in ‘n skoon fles of bottel, draai die deksel toe en plaas in die yskas tot benodig.
Lewer 500 ml likeur.

]]>