Koekstruif – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com Keep your feet on the ground and reach for the stars Wed, 15 Dec 2021 04:33:30 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.7.1 https://barefootstiletto.com/wp-content/uploads/2021/11/cropped-421564_120855864709743_171152364_n-32x32.jpg Koekstruif – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com 32 32 Koekstruif met Sjokoladevla https://barefootstiletto.com/2021/12/14/koekstruif-met-sjokoladevla/ Wed, 15 Dec 2021 04:33:30 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=935 1 sjokolade rolkoek 1 liter Sjokoladevla (gekoop of self gemaak) 2 blikke ontpitte swart kersies, […]

]]>

1 sjokolade rolkoek
1 liter Sjokoladevla (gekoop of self gemaak)
2 blikke ontpitte swart kersies, gedreineer
Garnering: gerasperde sjokolade, geklopte room en glanskersies
Opsioneel: kersielikeur of sjerrie

Metode
Sny die rolkoek op in dun skyfies.
2Gebruik ‘n mooi glasbak sonder patrone en plaas ‘n dun laag van die koek onderin in die bak.
Indien u likeur/sjerrie gaan gebruik, kan u die eerste lagie koek daarmee bedruip.
Plaas ‘n paar van die gedreineerde kersies bo-op die koek en rond dit af met ‘n gedeelte van die sjokoladesous
Herhaal die lae en eindig met sjokoladevla. Die koekskywe word elke keer liggies bedruip met die sjerrie/kersielikeur.
** Indien u nie kersielikeur of sjerrie wil gebruik nie, kan u van die kersiesous gebruik om die koekskywe mee te bedruip….. nie te veel nie.
Die laaste laag sjokoladevla, kan nou verder afgerond word met sjokoladekrulle of grof gerasperde sjokolade asook roomrosies en ‘n glanskersie bo-op vir die letterlike kersie op die koek!
U kan selfs wit, donker en bruin sjokolade krulle afwissel om die bolaag mee te versier.
Verkoel die nagereg en haal ‘n uur voor bediening uit.
Indien u nie gekoopte sjokoladevla gaan gebruik nie, kan u dit self maak deur die volgende maklike resep te volg wat verskyn in Bron: Kortpadkos

Sjokoladevla (kortpadkos)
1 liter volroom melk
15 ml botter
5 ml fyn kitskoffiepoeier
¾ kop (150g) wit suiker
75 ml vlapoeier
60 ml kakao
Knippie sout

Metode
Meng suker, vlapoeier, kakao en knippie sout met 125 ml van die melk.
Verhit die res van die melk (875 ml) tot kookpunt en voeg die botter en koffiepoeier daarby.
Voeg die suiker, vlapoeier en kakao mengsel by die warm melk terwyl u dit roer oor matige hitte en kook tot dik en gaar.
Vir ‘n bietjie ekstra geur, kan 1 t vanieljegeursel ingeroer word.
Hierdie sous is natuurlik ook heerlik om voor te sit saam met roomys!

]]>
Afrika Koekstruif https://barefootstiletto.com/2021/12/14/afrika-koekstruif/ Wed, 15 Dec 2021 04:28:54 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=937 Jy het nodig (vir 4-6 porsies) 1 x gekoopte rolkoek, verkieslik met aarbeikonfyt ½ koppie […]

]]>

Jy het nodig (vir 4-6 porsies)
1 x gekoopte rolkoek, verkieslik met aarbeikonfyt
½ koppie Amarula-likeur
1 x 80 g-pakkie rooi jellie, aangemaak volgens die aanwysings op die pakkie en gestol in die yskas
2 koppies pekanneute, in groterige stukke gekap
250 g mascarponekaas
1 koppie ingelegde perskeskywe
1 x 500 ml langlewevla (uLTRAMEL)
½ koppie versuikerde kersies, in kwarte gesny

METODE
Sny die rolkoek in skywe en pak dit onder in die bak.
Sprinkel die Amarula-likeur oor en laat staan vir vyf minute sodat dit intrek.
Gooi die helfte van die neute oor die koek en versprei dit eweredig.
Smeer die mascarponekaas in ’n dik laag oor die koek.
Krap intussen die jellie met ’n vurk sodat dit losserige stukke is en skep dit oor die roomkaas.
Rangskik die perskeskywe bo-op die jellie en gooi die vla oor.
Strooi die kersies en die res van die pekanneute oor die koekstruif en sit dit in die yskas sodat jy dit lekker koud kan voorsit.

]]>
Grenadella en Sjokolade Koekstruif https://barefootstiletto.com/2021/12/14/grenadella-en-sjokolade-koekstruif/ Wed, 15 Dec 2021 04:21:04 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=932 Genoeg vir 6 mense Bereieding:15-20 minute Verkoeltyd:1 uur of oornag 1 sponskoek 1 blik karamel […]

]]>

Genoeg vir 6 mense
Bereieding:15-20 minute
Verkoeltyd:1 uur of oornag
1 sponskoek
1 blik karamel kondensmelk
12 ryp grenadellas se pulp
4 kop griekse jogurt
4(32g elk) flake sjokolade stafies

METODE
Sny sponskoek in skyfies of stukke en pak die helfte daarvan in n groot,diep glasbak
Skep die helfte van die kondensmelk bo-op koek,gevolg deur die grenadellapulp
Skep die helfte van die jogurt bo-oor en sprinkel van die sjokoladekrummels bo-opdie jogurt.
Herhaal met die res van die bestanddele en eindig met sjokolade en grenadellapulp
Laat n uur of oornag in die yskas staan
WENK
Vervang sponskoek met n paar klein rolkoeke
Lekker vir kersfees nagereg.

]]>