There are few people who don’t like milk tart. Try this one with condensed milk
Oond: 180 gr C.
Sif saam: 1 1/2 k bruismeel, 1/2 t koeksoda en 1/4 t sout.
Klits saam: 5 eiers, 1 t vanilla essens en 1 k suiker, vir 3 minute, tot lig en romerig.
Vou meel geleidelik by eiermengsel in met metaallepel.
Vou dan 1/2 k gesmelte margarine in en ook 2 t asyn.
Skep mengsel in diep gesmeerde oondbak.
Bak vir 30-40- minute tot gaar.
Terwyl poeding bak, meng saam : 1 blikkie kondensmelk, 1 k gewone melk en halwe k water.
Haal poeding uit oond en steek gate in.
Gooi melk-sous bo-oor.
Bedien met via of roomys.
Lewer 4 glase of ‘n tert van 25 cm
Bereiding : 30 minute
Verkoeltyd: 2-3 uur
1 blikkie (385 g) kondensmelk
385 ml melk
385 ml water
40 ml (8 t) vlapoeier
1 pak (200 g) Mariebeskuitjies, fyn gedruk
As jy ‘n tertbak gaan gebruik: Smeer ‘n bak van 25 cm.
Meng die kondensmelk, melk en water in ‘n kastrol en laat kook.
Los die vlapoeier in ‘n bietjie water op, meng met ‘n bietjie van die kondensmelkmengsel en voeg dan by die res van die kondensmelkmengsel.
Roer goed tot dit verdik het en begin kook.
Verwyder van die hitte en laat afkoel.
Plaas ‘n laag beskuitjiekrummels onderin elke glas of op die boom van die gesmeerde tertbak.
Giet ‘n laag vlamengsel bo-oor.
Herhaal die lae 3 keer en eindig met ‘n laag krummels.
Laat 2-3 uur in die yskas stol.