Kondensmelkglasies – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com Keep your feet on the ground and reach for the stars Thu, 02 Dec 2021 23:11:26 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.6.2 https://barefootstiletto.com/wp-content/uploads/2021/11/cropped-421564_120855864709743_171152364_n-32x32.jpg Kondensmelkglasies – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com 32 32 Kondensmelkglasies https://barefootstiletto.com/2020/07/26/kondensmelkglasies/ Sun, 26 Jul 2020 23:08:40 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=682 Lewer 4 glase of ‘n tert van 25 cm Bereiding : 30 minute Verkoeltyd: 2-3 […]

]]>

Lewer 4 glase of ‘n tert van 25 cm
Bereiding : 30 minute
Verkoeltyd: 2-3 uur

1 blikkie (385 g) kondensmelk
385 ml melk
385 ml water
40 ml (8 t) vlapoeier
1 pak (200 g) Mariebeskuitjies, fyn gedruk

As jy ‘n tertbak gaan gebruik: Smeer ‘n bak van 25 cm.
Meng die kondensmelk, melk en water in ‘n kastrol en laat kook.
Los die vlapoeier in ‘n bietjie water op, meng met ‘n bietjie van die kondensmelkmengsel en voeg dan by die res van die kondensmelkmengsel.
Roer goed tot dit verdik het en begin kook.
Verwyder van die hitte en laat afkoel.
Plaas ‘n laag beskuitjiekrummels onderin elke glas of op die boom van die gesmeerde tertbak.
Giet ‘n laag vlamengsel bo-oor.
Herhaal die lae 3 keer en eindig met ‘n laag krummels.
Laat 2-3 uur in die yskas stol.

]]>