Malvapoeding – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com Keep your feet on the ground and reach for the stars Thu, 12 Jan 2023 20:10:47 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.7.1 https://barefootstiletto.com/wp-content/uploads/2021/11/cropped-421564_120855864709743_171152364_n-32x32.jpg Malvapoeding – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com 32 32 Malvapoeding (Asynpoeding) https://barefootstiletto.com/2023/01/12/malvapoeding-asynpoeding/ Thu, 12 Jan 2023 20:10:47 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=1836 Malvapoeding (Asynpoeding) Bestandele: 1 kop. meelblom. 1 teel. koeksoda. 1 eetl. botter. 1 eier. 1/2 […]

]]>
Malvapoeding (Asynpoeding)

Bestandele:

  • 1 kop. meelblom.
  • 1 teel. koeksoda.
  • 1 eetl. botter.
  • 1 eier.
  • 1/2 kop. melk.
  • 1 eetl. asyn.
  • 1/2 kop. suiker.
  • Sout.

Methode:

  1. Room botter, suiker en eier.
  2. Meng asyn en koeksoda en voeg by bottermengsel.
  3. Voeg meel en sout by en maak aan met melk.
  4. Bak in matige oond tot gaar (So 180 grade vir een uur lank, bedek met foelie) OF bak in mikrogolf.
  5. Gooi sous oor warm gaar poeding.

Sous:

  • 1 kop. Carnation melk
  • 1 kop. kookwater.
  • 1 kop suiker.
  • 6 Eetlepels margarien of botter.
  1. Kook saam en gooi oor poeding.
  2. Bedien warm met vla.
]]>
Amarula Malvapoeding https://barefootstiletto.com/2021/12/27/amarula-malvapoeding/ Tue, 28 Dec 2021 00:43:20 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=1137 JY HET NODIG: 220 g strooisuiker 2 groot eiers 30 ml gladde appelkooskonfyt 125 ml […]

]]>

JY HET NODIG:
220 g strooisuiker
2 groot eiers
30 ml gladde appelkooskonfyt
125 ml melk
30 ml botter/margarien
5 ml wit asyn
185 g gewone meelblom
5 ml koeksoda
1 knypie sout

METODE:
Verroom die suiker en eiers met ‘n elektriese klitser totdat dit lig kleurig is, ongeveer 3 min.-5 min.
Klop die konfyt in net voordat dit reg is om met die ander bestanddele gemeng te word.
Verhit intussen die melk, botter/margarien en asyn in ‘n beker in die mikrogolfoond op hoog vir 30 sek.-45 sek. totdat dit warm is en die botter/margarien gesmelt is. Sif die meelblom, koeksoda en sout ‘n paar keer saam in ‘n medium bak.
Vou nou die helfte van die meelblom en die helfte van die verhitte vloeistof in by die eiermengsel, en daarna die ander helfte . Sodra dit gemeng is, gooi dit in ‘n 30 cm x 20 cm-glas/keramiekskottel en bak 30 min.-45 min. in ‘n 180 GC- voorafverhitte oond totdat dit goed bruin is. As die vleispen skoon uitkom, is dit reg.

SOUS:
Verhit saam in ‘n mediumgroot pot oor mediumhitte:
100 ml botter,
100 ml room,
60 ml suiker en
500 ml Amarula-likeur
Meng net totdat die sous warm en die suiker opgelos is. Moet dit nie laat kook nie.
Haal die poeding uit die oond en gebruik ‘n vleispen om gate bo in te maak (haal jou frustrasies uit!), en gooi dan die sous oor die warm poeding.
Laat dit in die afgeskakelde oond met die deur effens oop totdat die sous geabsorbeer is, sowat 5 min.-10 min.
Sit warm voor met vla, room of roomys.

Bron: Kampvuur Kuier.

]]>