Ongebakte Bar-One Kaaskoek – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com Keep your feet on the ground and reach for the stars Thu, 21 Dec 2023 02:36:53 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.7.1 https://barefootstiletto.com/wp-content/uploads/2021/11/cropped-421564_120855864709743_171152364_n-32x32.jpg Ongebakte Bar-One Kaaskoek – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com 32 32 Ongebakte Bar-One Kaaskoek https://barefootstiletto.com/2023/12/20/ongebakte-bar-one-kaaskoek/ Thu, 21 Dec 2023 02:36:53 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=2526 Ongebakte Bar-One Kaaskoek Dis geen gewone kaaskoek dié nie! Terwyl jy daaraan smul, sal jy […]

]]>
Ongebakte Bar-One Kaaskoek

Dis geen gewone kaaskoek dié nie! Terwyl jy daaraan smul, sal jy elke af en toe op ’n klein sjokoladeverrassing afkom.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 min.
Verkoel: 3 uur

Kors

  • 300 g sjokolade-volgraankoekies
  • 150 g botter, gesmelt

Vulsel

  • 15 ml (1 e) gelatien
  • 250 ml (1 k) room
  • 2 bakkies (230 g elk) roomkaas
  • 100 g strooisuiker
  • 2 stawe (55 g elk) Bar-One-sjokolade, in skywe gesny

Versier

  • Ekstra Bar-One-sjokolade, in skywe gesny
  • kakaopoeier.

Metode

Kors

  1. Druk die koekies fyn. Voeg die gesmelte botter by en meng goed.
  2. Druk op die bodem en teen die kante van ’n 22 cm-veerkoekpan vas.
  3. Bedek met kleefplastiek en verkoel in die yskas tot benodig.

Vulsel

  1. Bedek die gelatien met 30 ml (2 e) water en laat swel.
  2. Verhit dan ’n paar minute in die mikrogolf tot gesmelt.
  3. Sit eenkant om af te koel.
  4. Klits die room tot styf.
  5. Klits die roomkaas en strooisuiker saam in ’n ander bak.
  6. Vou die room in die roomkaasmengsel in.
  7. Meng ’n bietjie van die mengsel in die gelatienmengsel in, roer goed en voeg dan by die oorblywende roomkaasmengsel.
  8. Meng goed.
  9. Roer die gesnyde sjokoladestawe in.
  10. Giet die vulsel in die voorbereide kors.
  11. Verkoel 3 uur of tot geset in die yskas.
  12. Vir versier: Bedek met die ekstra skywe Bar-One-sjokolade en bestuif met die kakaopoeier.
]]>