RESEP
60 ml Kakao
125 ml Kookwater
3 Eiers
220 ml Suiker
60 ml Olie
250 ml Koekmeel
10 ml Bakpoeier
2 ml Sout
METODE
Meng kakao met kookwater en laat afkoel.
Klits eiers, suiker en olie saam.
Voeg koue kakao mengsel by en meng deeglik.
Sif droe bestanddele by en meng goed.
Skep in pan 22 cm x 30 cm en bak ongeveer 20 – 30 minute in 180 ° C oond.
Prik met vurk as koek uit oond kom en gooi dadelik warm stroop oor.
Laat goed afkoel en versier met styfgeklopte room.
Indien verkies strooi flake oor.
NIE PEPERMENTCRISP DIT BEDERF AMURULA SMAAK!
STROOP
200 ml Suiker
250 ml Water (kan met hellte room vervang word vir ryker smaak)
60 ml Amarula Likeur (of enige ander room likeur)
1 blik Karamel kondensmelk
250 ml Room – styf geklop
2 – 3 Flake sjokalades – gebreek
METODE
Kook suiker, en water 5 minute saam en verwyder van plaat.
Voeg Amurula by en roer goed deur.
Gooi oor warm mengsel oor geprikte koek.
Ek sit koek in yskas sodra hy afgekoel het.
Wanneer baie koud smeer ek karamel oor en dan sit ek room oor met flake bo oor gestrooi.
HOEVEELHEID: 1 pyrex bak vol, kan ook in koekpanne gebak word.
2 koppies meel
1 koppie suiker
2 koppies melk
1 eetlepel asyn of suurlemoensap
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels koeksoda
2 teelepels gemmer
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 eiers
Knippie sout
Voorverhit die oond tot 180°C.
Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Meng al die droe bestanddele.
Los die koeksoda in ‘n bietjie van die melk op.
Maak die droe bestanddele met die nat bestanddele aan.
Skep in die voorbereide bak en bak vir ongeveer 40-50 minute of totdat ‘n toetspen skoon uit die poeding kom in die voorverhitte oond.
Giet die volgende sous oor sodra die poeding uit die oond kom
SOUS
1 koppie suiker
1 1/2 koppies water
2 teelepels vanieljegeursel
2 koppies melk of idealmelk of ‘n mengsel van die twee
250 gram botter of margarien
Kook alles saam en gooi gelydelik oor die gaar poeding.
Dien op met via, room of roomys.
NOTA
Dit maak ‘n groot poeding.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding : 20 min.
Verkoel : 2 uur
P£PPERMENT POEDING
1 pakkie (200 g) Tennis-koekies
60 ml (Y4 k) Amarula-likeur
2 blikke (360 g elk) karamelkondensmelk
375 ml (1112 k) room
90 g Peppermint Crisp-sjokolade, fyngedruk
METODE:
Plaas die koekies in ‘n plastieksak saam met die helfte van die likeur, verseel en druk met ‘n koekroller fyn.
Plaas die karamelkondensmelk in ‘n mengbak.
Klits die room tot stywe punte vorm en vou dit saam met die oorblywende likeur by die karamel in.
Vou 60 g van die pepermentsjokolade in.
Strooi die koekiekrummels in vier afsonderlike bakkies of glase en bedek met die karamel.
Herhaal die lae en eindig met karamel bo-op. Strooi die oorblywende pepermentsjokolade bo-oor.
Verkoel 2 uur in die koelkas.
Sit voor saam met room, as jy wil.