POFFERTJIEBESLAG:
BESTANDELE:
750 ml gaar fyn pampoen
2 eiers
5 ml sout
500 ml bruismeel
15 ml bakpoeier
500 ml olie om die poffertjies in te braai.
STROOP:
500 ml suiker
250 ml water
125 ml melk
30 ml botter
sout
10 ml mielieblom/ mazina
NOU:
1. Klop die gaar fyngedrukte pampoen, eiers en sout.
2. Meng die bakpoeier en bruismeel by.
3. Verhit die olie in n pan en skep lepels vol van die beslag in die warm olie.
4. Draai om as dit bruin is en dreineer op kombuispapier in n bak.
5. Hou dit warm.
Maak nou die sous:
(ek het my sous in die mikrogolf gemaak, jy kan dit in n pot op die stoof ook maak)
1. Mikrogolf die suiker, melk, water en botter vir 5 minute.
2. Roer dit totdat die suiker opgelos is.
3. Meng die mielieblom met n klein bietjie water totdat dit glad is.
4. Roer dit by die suikermengsel en mikrogolf vir nog 2 minute.
5. Gooi die warm stroop oor die warm poffertjies.
Bron: Die Poeding Klub
]]>Klits saam:
250 g Floro-bakkie vol klaar gekookte soetpampoen
2 eiers
2 V2 ml sout
Voeg by:
2 koppies bruismeel
15 ml bakpoeier
Bak lepels vol in ‘n pan oor matige hitte (die olie nie te warm nie). Braai albei kante.
Dreineer.
Maak stroop:
Kook saam –
500 ml suiker
250 ml water
125 ml melk
30 ml better of margarien
Meng omtrent 20 ml maizena (mielieblom) en 1 teelepel vlapoeier met melk, voeg by die stroop plus 1 teelepel vanilla essens.
Indien nie lekker dik nie, voeg nog maizena by.
*Gooi die warm stroop oor die pampoenkoekies