Ingredients:
POFFERTJIEBESLAG:
BESTANDELE:
750 ml gaar fyn pampoen
2 eiers
5 ml sout
500 ml bruismeel
15 ml bakpoeier
500 ml olie om die poffertjies in te braai.
STROOP:
500 ml suiker
250 ml water
125 ml melk
30 ml botter
sout
10 ml mielieblom/ mazina
NOU:
1. Klop die gaar fyngedrukte pampoen, eiers en sout.
2. Meng die bakpoeier en bruismeel by.
3. Verhit die olie in n pan en skep lepels vol van die beslag in die warm olie.
4. Draai om as dit bruin is en dreineer op kombuispapier in n bak.
5. Hou dit warm.
Maak nou die sous:
(ek het my sous in die mikrogolf gemaak, jy kan dit in n pot op die stoof ook maak)
1. Mikrogolf die suiker, melk, water en botter vir 5 minute.
2. Roer dit totdat die suiker opgelos is.
3. Meng die mielieblom met n klein bietjie water totdat dit glad is.
4. Roer dit by die suikermengsel en mikrogolf vir nog 2 minute.
5. Gooi die warm stroop oor die warm poffertjies.
Bron: Die Poeding Klub
]]>Maak 12
600 ml gaar, fyngemaakte pampoen of botterskorsie
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
Knypie sout
Stewige mespunt anys (opsioneel)
2 eiers, geklits
Olyfolie vir vlakvetbraai
Kaneelsuiker
Opsioneel: blomblaartjies van marigolds
Meng die pampoenmoes, meel, bakpoeier, sout en anys in ‘n mengbak.
Roer die geklitse eiers by om ‘n slapperige beslag te vorm.
Giet ‘n bietjie olie in ‘n pan, skep lepelsvol (4 – 5 koekies op ‘n keer) in die warm olie en braai aan beide kante tot goudbruin en gaar.
Dreineer op kombuispapier, strooi kaneelsuiker oor en rond opsioneel af met eetbare blommetjies.
Makes 12
600 ml cooked, fine-made pumpkin or buttersquash
250 ml cake flour
5 ml baking powder
Pinch of salt
Stiff Knife point anise (optional)
2 eggs, beaten
Olive oil for shallow frying
Cinnamon sugar
Optional: flower leaflets from marigolds
Mix the pumpkin mash, flour, baking powder, salt and anise in a mix bowl.
Stir in the beaten eggs to form a loose consistency.
Pour some oil into a pan, dish spoons full (4 – 5 Fritters at a time) in the hot oil and fry on both sides to golden brown and cooked.
Drain on paper towel, sprinkle cinnamon sugar over and optionally decorate with edible flowers.
Klits saam:
250 g Floro-bakkie vol klaar gekookte soetpampoen
2 eiers
2 V2 ml sout
Voeg by:
2 koppies bruismeel
15 ml bakpoeier
Bak lepels vol in ‘n pan oor matige hitte (die olie nie te warm nie). Braai albei kante.
Dreineer.
Maak stroop:
Kook saam –
500 ml suiker
250 ml water
125 ml melk
30 ml better of margarien
Meng omtrent 20 ml maizena (mielieblom) en 1 teelepel vlapoeier met melk, voeg by die stroop plus 1 teelepel vanilla essens.
Indien nie lekker dik nie, voeg nog maizena by.
*Gooi die warm stroop oor die pampoenkoekies