Ongelooflik Lekker!!!
Heerlike Marshmallow Pynappel tert.
Baie maklik en altyd ‘n treffer.
Heel eerste…vir die van julle wat gedink het dis ‘n taai spul om die marshmalllows te sny…sit ‘n bakkie water langs jou neer…doop ‘n skêr aanmekaar in water voor jy dit sny…geen taaispul nie!!!!
Jy kan ook die klein marshmallows gebruik dan hoef jy niks te knip nie.
BESTANDDELE
1 Pakkie tennisbeskuitjies
1 Pakkie groen jellie
1 Blik Idealmelk (verkoel oornag in yskas)
1 Blikkie crushed pynappel
¼ koppie kookwater
METODE
Pak beskuitjies in n vierkantige tertbak
Maak jellie aan met kookwater en plaas eenkant om af te koel.
Klits idealmelk styf en klits afgekoelde jellie by.
Gooi sap van pynappel af en roer by styfgeklopte mengsel.
Gooi helfte van mengsel op uitgepakte beskuitjies en pak dan nog n laag beskuitjies en gooi dan die res bo oor
Krummel een koekie fyn bo oor en plaas in yskas.
Bron: Krummel vir Krummel.
]]>Kors:
1 Pakkie tennisbeskuitjies (fyngedruk)
100gr botter (gesmelt)
Meng bogenoemde en druk vas in ‘n tertpan.
Plaas in yskas terwyl jy die vulsel maak
Vulsel:
1 Blikkie kondensmelk
125ml (1/2 kop suurlemoensap)
1 (400gr) blikkie “crushed” pynappel (dreineer goed)
300ml room (styfgeklits)
Meng die kondensmelk en pynappel. Voeg die suurlemoensap by
Vou die room in
Gooi oor tertkors en versier met stukkies fyn tennisbeskuitjies
Sit in die yskas vir tenminste 3 ure of oornag.
Bron: Braai en Slaai Resepte.
]]>Oond 180 gr C.
Klits 100 gr sagte margarine, 312 ml suiker, 2 eiers en 5 ml vanilla essens goed saam.
Roer 1 blik [ 440 gr] fyn pynappel, sous en al by.
Voeg 375 ml bruismeel, knippie sout, gesif, by.
Roer dan 60 ml klapper by.
Skep deeg in gesmeerde diep oondbak en bak vir 40-45 minute tot gaar.
Maak sous terwyl poeding bak.
Voeg alle bestandele saam in kasstrol : 2 E margarine, 125 ml suiker 1 k room, 1/2 k melk, 5 ml vanilla essens en knippie sout.
Roer oor medium hitte tot suiker opgelos is en prut 3 minute.
Gooi oor gaar poeding .
Bedien met via.
Pynappelpoeding soos jy dit by die basaar sal koop.
4 pakkies pynappel- of suurlemoen-jellie, aangemaak volgens aanwysings en effens styf gestol
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal melk, oornag in die yskas gehou en dan styfgeklop
1 blik (410 g) fyn pynappel
Roer die kondensmelk by die jellie.
Vou dan die jellie-mengsel by die Ideal melk.
Roer die pynappel by ie mengsel.
Plaas in yskas.