Roomys – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com Keep your feet on the ground and reach for the stars Thu, 02 Dec 2021 20:11:25 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.6.2 https://barefootstiletto.com/wp-content/uploads/2021/11/cropped-421564_120855864709743_171152364_n-32x32.jpg Roomys – Barefoot Stiletto https://barefootstiletto.com 32 32 Maak jou eie Roomys https://barefootstiletto.com/2020/10/02/maak-jou-eie-roomys/ Fri, 02 Oct 2020 20:09:14 +0000 https://barefootstiletto.com/?p=504 Ryk, romerig en tuisgemaak. Hier is ‘n resep vir die heerlikste vol room roomys wat […]

]]>

Ryk, romerig en tuisgemaak.
Hier is ‘n resep vir die heerlikste vol room roomys wat jy nog ooit gemaak het met net drie bestanddele.
1 L vars room (yskoud, verkieslik oornag in yskas)
1 blik volroom kondensmelk
1 t vanieljegeursel
Giet jou room in ‘n lekker groot mengbak en voeg vanielje-geursel by.
Klop tot styf en verdubbel die volume met jou elektriese klitser op die hoogste spoed. Vou die kondensmelk in en meng dit mooi deur.
Skep in 2 I roomyshouer en vries vir ses tot agt ure.
Opsioneel:
Vou opgekapte sjokolade of koekies saam met die kondensmelk in.
Siedaar! Jou eie tuisgemaakte roomys.

]]>