Swartpot – Barefoot Stiletto
https://barefootstiletto.com
Keep your feet on the ground and reach for the starsThu, 12 Jan 2023 20:15:51 +0000en-US
hourly
1 https://wordpress.org/?v=6.7.2https://barefootstiletto.com/wp-content/uploads/2021/11/cropped-421564_120855864709743_171152364_n-32x32.jpgSwartpot – Barefoot Stiletto
https://barefootstiletto.com
3232Sjokoladepoeding In Swartpot
https://barefootstiletto.com/2023/01/12/sjokoladepoeding-in-swartpot/
Thu, 12 Jan 2023 20:15:51 +0000https://barefootstiletto.com/?p=1840Sjokoladepoeding In Swartpot 50 g Botter 200 ml Strooisuiker 1 Eier 250 ml Koekmeelblom 25 […]
]]>Sjokoladepoeding In Swartpot
50 g Botter
200 ml Strooisuiker
1 Eier
250 ml Koekmeelblom
25 ml Kakao
15 ml Bakpoeier
’n Knippie sout
175 ml Melk
25 ml Fyn gerasperde lemoenskil
Sous:
200 ml Water
50 ml Vars lemoensap
250 ml Bruinsuiker
25 ml Kakao
2 ml Vanielje-ekstrak
Meng die botter en die strooisuiker, voeg die eier by en klits dit tot dit glad en romerig is.
Sif die meel, kakao, bakpoeier en sout saam.
Roer melk by die bottermengsel in en meng dit dan deeglik met die droë bestanddele om klonte te voorkom.
Meng die water, suiker en kakao en kook dit in jou swartpot.
Gooi die deeg in die sous en sit die pot vir 45-50 minute oor ’n lae hitte met die deksel op tot dit gaar is.
Pas op vir te veel kole onder die pot inkrap, die poeding gaan brand.
Moet ook nie die deksel binne die eerste kwartier oplig nie.
Skep die porsies sommer net so uit die swartpot en bedien dit warm met ’n skeppie vla.
Jy kan ook ‘n handvol gekapte neute byvoeg as jy so voel.