Skip to content
Sjokolade Mayonnaise Koek


Bestanddele
Koek:
- 500 ml koekmeel
- Knippie sout
- 250 ml suiker
- 80 ml kakao
- 5 ml kitskoffiepoeier
- 7,5 ml koeksoda
- 5 ml bakpoeier
- 250 ml mayonnaise
- 250 ml afgekoelde kookwater
- 10 ml vanieljegeursel
Versiersel:
- 500 g versiersuiker
- 100 g margarien
- 80 ml kakao
- 10 ml vanieljegeursel
- ± 60 ml melk
Metode
Vir die koek:
- Klop die suiker en mayonnaise saam met ’n draadklitser.
- Sif die meel, sout, kakao, koeksoda en bakpoeier saam.
- Los die kitskoffiepoeier in die kookwater op en voeg die vanieljegeursel by.
- Voeg die meelmengsel en die koffiewater beurtelings by die mayonnaise-suikermengsel en meng tot net gemeng.
- Verdeel die beslag gelyk tussen twee gesmeerde 18 cm-koekpanne.
- Bak in ’n voorverhitte oond teen 180°C vir ± 30 minute of tot gaar.
- Laat 10 minute afkoel in die panne en keer dan uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
Vir die versiersel:
- Maak die margarien sag in die mikrogolf.
- Klop dit saam met ’n bietjie van die versiersuiker tot goed gemeng.
- Voeg die vanieljegeursel by.
- Voeg die res van die versiersuiker en net genoeg melk om die beurt by, totdat die versiersel die regte dikte het.
- Klits nog sowat 3 minute tot lig en romerig.
- Versier die koek soos jy wil. Jy kan ook ekstra karamel en Rolo’s bo-op sit vir ’n ekstra bederf.
- Hierdie koek is super klam en ryk – die mayonnaise vervang olie en eiers en gee daai ongelooflike tekstuur.