Roosterkoek

- 5 koppies koekmeel
- 1 teelepel sout
- 2 eetlepel suiker
- 1 pakkie suurdeeg
- 1/2 k melk
- 50 ml olie
- 1 eier
- 2 k louwarm water
- Sif meel en voeg ander bestanddele by.
- Knie goed.
- Laat rys en knie weer goed.
- Druk effens plat en rol liggies in meel.
- Sny in vierkantige blokkies en laat rys.
- Plaas op rooster oor kole en braai om en by 10 min aan elke kant
- Toets met tandestokkie
- Jy kan bietjie botter aan die rooster smeer as jy bang is die deeg klou vas
