Vinnige Vlaskywe (Quick Custard Slices

Bestanddele / Ingredients
Vir die Custard Vulsel:
- 1 L Melk
- 1 koppie Suiker
- 125 ml Vlapoeier
- 80 ml Margarine
- ¼ t Sout
- 2 t Vanillageursel
- 1–2 pakkies Cream Crackers
Vir die Versiering (Icing)
- 1 koppie Versiersuiker
- 1 E Suurlemoensap
- 1 knippie Sout
Metode / Instructions
- Maak die Custard:
- In ‘n groot kastrol oor medium hitte, meng die melk, suiker, vlapoeier, margarine, ¼ t sout en vanillageursel saam.
- Roer aaneen met ‘n draadklitser (whisk) tot die mengsel lekker dik word.
- Pak die Lae:
- Pak ‘n laag Cream Crackers onderin ‘n groot tertbak.
- Gooi die warm custard-vulsel bo-oor en versprei dit gelykmatig.
- Pak weer ‘n laag Cream Crackers bo-op.
- Maak die Versiering:
- Meng die versiersuiker, suurlemoensap en ‘n knippie sout goed saam tot glad.
- Gooi en smeer bo-oor die boonste laag beskuitjies.
- Verkoel en Bedien:
- Plaas die tert in die yskas om heeltemal te stol en af te koel.
- Sny in netjiese blokke en bedien koud.