Viskoekies

1 klein blikkie vis in tamatie sous fyn gedruk
1 ui fyn gesny
1 aartappel gerasper
1 eier
2 snye brood geweek in water (water uitgedruk en dan gerasper)
+/- 4 eetlepels koekmeel
Sout, peper en bietjie pietersielie

Meng alles saam en braai in kook olie tot goud bruin.
Heerlik saam met skyfies of slaai
Hierdie resep lewer 12 viskoekies

Bron. Lekker Resepte vir almal.