Sjokoladepoeding vir Sondag

4 koppies melk
2 eetlepels botter
4 opgehoopte eetlepels kakao
5 opgehoopte eetlepels maizena
1 koppie suiker
knippie sout
2 eetlepels vanielje geursel
gemaalde neute (opsioneel)

Kook die melk en botter saam in kastrol.
Meng die kakao, maizena, suiker en sout saam.
Roer by kokende melk.
Kook verder oor stadige hitte tot gaar.
Haal van stoof en roer vanielje geursel by.
Strooi gemaalde neute oor.
Bedien met roomys of vla of gewone joghurt.