- Maak dik vla van 3 k melk, 1E suiker en 2 E vlapoeier.
- Koel af.
- Meng 1 blikkie kondensmelk met kwart koppie suurlemoensap, bietjie meer as jy van suurder hou.
- Pak tenniskoekies onder-in ‘n medium tertbak.
- Skep helfte van kondensmelk bo-op koekies, dan helfte van die vla.
- Pak weer ‘n laag koekies en herhaal met kondensmelk en laaste vla.
- Druk koekies fyn en gooi bo-oor.
- Plaas in yskas tot bedien.
Kondensmelk-Suurlemoen Tert
![](https://barefootstiletto.com/wp-content/uploads/2023/01/322706501_1200857034161282_6964256911070459805_n.png)