Skip to content
Heerlikste Sjokolade Koek

Bestanddele:
Koek:
- 1 koppie meel
- 1 koppie suiker
- ¼ t sout
- 2 t bakpoeier
- ¼ koppie kakao
- ½ koppie kookolie
- ½ koppie kookwater
- 4 eiergele
- 4 eierwitte (styfgeklits)
Sous:
- 1 groot blik Ideal melk
- ½ koppie suiker
- 2 groot neut-sjokolades (gesmelt met ¼–½ koppie melk)
Metode:
- Voorverhit oond tot 180°C.
- Meng meel, suiker, sout & bakpoeier.
- Meng kakao, olie, water & eiergele.
- Voeg by droë bestanddele.
- Vou eierwitte in.
- Bak 45 min.
- Meng Ideal melk & suiker.
- Gooi oor warm koek.
- Smelt sjokolade met melk en smeer/drup oor.