Room Spenasie

Room Spinasie:
1 bossie spinasie
15ml botter
125ml room of joghurt
1 desert lepel suiker
‘n knippie van elk : sout, peper en neutmuskaat
15ml suurlemoensap
Was die spinasie deeglik af in ‘n groot wasbak vol water. Kerf fyn.
Smelt die botter in ‘n middelgroot swaarboomkastrol.
Gooi die nat, gekerfde spinasie in die bottter en roerbraai tot net verlep.
Voeg die room by en laat vinnig kook om die vog in te damp en geur te konsentreer.
Geur met sout, peper, neut, suurlemoensap en suiker

Room Spinasie:
1 ml sout
250ml melk
50ml maizena
Meng die sout,melk en maizena saam.
50 ml room
250ml kaas, gerasper
250g spinasie
Stoom die spinasie half gaar.
Gooi die halfgaar spinasie by jou melkmengsel en kook vir 5min oor stadige hitte en roer gereeld.
Roer die kaas en room by en roer deur.
Bedien warm.

Room Spinasie:
1 Pak gevriesde spinasie of 1 vars bossie
Y2 pakkie spek stukkies
1 gekapte uie
1 pak gekerfde sampioene
250 ml room
250ml melk
1 pk wit uiesop
1 tot 2 wiele fetakaas in blokkies gesny.
Braai uie, bacon en sampioene in bietjie olie.
Voeg spinasie (ontdooi en alle water uitgedruk) by.
Meng room, melk en uiesop en gooi by spinasie mengsel.
Verhit tot dik en roer fetakaas by.