Grenadella en Sjokolade Koekstruif

Genoeg vir 6 mense
Bereieding:15-20 minute
Verkoeltyd:1 uur of oornag
1 sponskoek
1 blik karamel kondensmelk
12 ryp grenadellas se pulp
4 kop griekse jogurt
4(32g elk) flake sjokolade stafies

METODE
Sny sponskoek in skyfies of stukke en pak die helfte daarvan in n groot,diep glasbak
Skep die helfte van die kondensmelk bo-op koek,gevolg deur die grenadellapulp
Skep die helfte van die jogurt bo-oor en sprinkel van die sjokoladekrummels bo-opdie jogurt.
Herhaal met die res van die bestanddele en eindig met sjokolade en grenadellapulp
Laat n uur of oornag in die yskas staan
WENK
Vervang sponskoek met n paar klein rolkoeke
Lekker vir kersfees nagereg.