Skip to content
Maklike Mikrogolf Krummelpap

Porsies: 6-8
- 3 koppies mieliemeel
- 2 t sout
- 2 t bakpoeier
- 1.2 liter kookwater
- 2 E botter
- Mikrogolf die droë meel in ‘n onbedekte mikrogolf bak vir 5 minute op hoog.
- Verwyder en voeg die sout en bakpoeier by en meng goed deur.
- Smelt die botter in die kookwater en giet by die droë meel mengsel.
- Meng goed deur tot alle meel bedek is met die botter water.
- Plaas ‘n deksel of bord op die bak en mikrogolf vir 8 minute op hoog.
- Verwyder van mikrogolf en krap die pap deurmekaar met ‘n groot vurk tot krummelrig.
- Plaas terug in die mikrogolf en herhaal die laaste proses (mikrogolf weer vir 8 minute bedek en krap deurmekaar met ‘n vurk).
- Bedien met gebraaide wors en tamatie-en-uie smoor.
- Kinders is mal oor dit met suiker en melk.