Pampoenpoffertjies

Bestandele:
Poffertjiesbeslag:
- 750 ml gaar fyn pampoen
- 2 eiers
- 5 ml sout
- 500 ml bruismeel
- 15 ml bakpoeier
- 500 ml olie om die poffertjies in te braai.
Stroop:
- 500 ml suiker
- 250 ml water
- 125 ml melk
- 30 ml botter
- sout
- 10 ml mielieblom/ mazina
Metode:
Poffertjiesbeslag:
- Klop die gaar fyngedrukte pampoen, eiers en sout.
- Meng die bakpoeier en bruismeel by.
- Verhit die olie in n pan en skep lepels vol van die beslag in die warm olie.
- Draai om as dit bruin is en dreineer op kombuispapier in n bak.
- Hou dit warm.
Sous:
(Sous kan in die mikrogolf gemaak word, jy kan dit in n pot op die stoof ook maak)
- Mikrogolf die suiker, melk, water en botter vir 5 minute.
- Roer dit totdat die suiker opgelos is.
- Meng die mielieblom met n klein bietjie water totdat dit glad is.
- Roer dit by die suikermengsel en mikrogolf vir nog 2 minute.
- Gooi die warm stroop oor die warm poffertjies.
